ISBN: 9780799385403 | Published: July 1, 2017 |
`n Man vir altyd Omnibus
`n Man vir altyd Omnibus
Dispatch within 7–14 working days
Couldn't load pickup availability
Man van min woorde
Man met 'n missie
Man van sy woord.
Man van min woorde: Hy kan toor met honde en rekenaars, maar as dit by praat kom, verdamp Henri van der Merwe se woorde. Francesca is vasbeslote om deur dié swygsaamheid te breek. Sy begeer een van die Duitse herdershonde wat hy teel, maar sy toets vir eienaarskap dop sy soos 'n klip. En haar selfbeeld is hoeka bitter broos ná die Siebert-episode. Bowendien word haar frustrasie by die dag groter - as sy en haar galery-huis vol kunswerke nie goed genoeg is vir sy honde nie, sal sy in der ewigheid nie goed genoeg wees vir hul baas nie. Want helaas, sy begeer die swygsame Henri mettertyd baie, baie meer as sy lieflike honde.
Man met 'n missie: Hy gaan haar nader trek, syne maak. Suutjies, sonder dat sy dit weet. Maar Lukas Bezuidenhout is 'n haastige man, geduld moet hy nog aanleer. Dis gewoonlik hý wat vir meisies weghol, maar dié keer het hy sy moses teëgekom. 'n Harder hardekwas as Mignon Grobbelaar kry jy nie. En tog, agter haar hardekwas-houding kruip 'n bang meisie weg, 'n kind-vrou met heeltemal te veel seer en bagasie. Daarom, weet Lukas, moet hy geduldig wees. Hy wil haar beskerm, laat veilig voel. Sy moet weet sy is as mens die moeite werd. En hy moet, nee, sál leer vasbyt; en hy wat lawwe Loekie Bezuidenhout is, kan leer om te wag.
Man van sy woord: 'n Ouer en ryper Lourens - maar nog net so dodelik aantreklik soos lank gelede - is na twintig jaar onverwags terug en haar kind se gradeplegtigheid word vir Bianca 'n nagmerrie. Alles het mos verander en daar is nie meer vir hom 'n plek in haar lewe nie - of bluf sy haarself? Lourens is nie meer die impulsiewe jongman wat Bianca so hartstogtelik liefgekry het nie, en sy het ook met die jare ryper en meer volwasse geword. Dis net die onblusbare vonk tussen hulle en die honger na mekaar wat onveranderd gebly het ... Het daar te veel water in die see geloop of gaan hulle waag om hulle liefde weer 'n kans gee?
Author Marilé Cloete
Share
