ISBN: 9780799385762 | Published: February 11, 2019 |
Aanloklike proposisie Omnibus
Aanloklike proposisie Omnibus
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
Aanloklike proposisie - Susan Olivier
Rene sal enigiets doen om hul familiebesigheid uit vreemde hande te hou. Sy sal selfs die nuwe eienaar se proposisie oorweeg: dat sy sy minnares word ... Hy is immers onweerstaanbaar, hoe kwaad hy haar ook al maak.
Goudgeel liefde - Santi Neven
Salome is 'n opkomende skilder wat op die weeklikse kunsmark 'n bestaan probeer maak. Tot 'n vreemdeling met grysblou oe vir haar 'n uitstalling reel. Maar hy is eintlik slegte nuus, te veel soos haar eksman. Of is hy?
Goedgenoeg vir Mienke - Erika Swart
Die testament bepaal Mienke moet Goedgenoeg verdien deur na 'n jaar wins te toon. Daarvoor sien Mienke kans. Waarvoor sy nie kans sien nie, is haar buurman. So dierbaar en behulpsaam as wat hierdie Ruben-man is wanneer hy op sy perd die werf inkom, so kan sy buie wissel. Mienke weet nie genoeg om dit te verklaar nie. Maar sake word wel duidelik toe die modelmooi en bedorwe vroumens en die se ma op die buurplaas aankom, al twee vasberade om Ruben se ring aan die modelletjie se vinger te kry - of niks te erf nie.
Share
