ISBN: 9780799387384 | Published: February 11, 2019 |
Om voor te begin Omnibus
Om voor te begin Omnibus
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
Om voor te begin - Magdaleen Walters
Melissa se romantiese verbintenis met die grootbaas se seun skep vir haar groot probleme toe 'n man met veel minder aansien en 'n sexy lyf haar lewe inloop. Haar hart en haar werk is op die spel.
Raaiselvrou - Annetjie van Tonder
Emma arriveer op 'n gasteplaas om uiteindelik haar roman te skryf. Net om 'n ietwat verwarrende situasie hier aan te tref. Die eienaar se dit is nie meer 'n gasteplaas nie en sy suster se dit is. Op die lange duur gaan Emma hier tuis maar steeds nie sonder probleme nie. Daar is die kat wat op haar bed kom lê en die hond wat haar uitsoek vir aandag. Dit terwyl Emma glad nie 'n dieremens is nie. En die eienaar met sy sagte bruin oe is juis 'n dieremens, verknog aan sy hond en sy kudde Nguni-beeste. Hoe om hierdie twee wêrelde te versoen word vir Emma 'n saak van groot belang ...
Die misverstand - Vera Wolmarans
Willemien is verlore want sy is verlief op haar baas. En dit mag nie, want hy is getroud met 'n operaster en hy het 'n seuntjie. Hulle foto staan dan op sy lessenaar?
Share
