ISBN: 9780799387933 | Published: April 26, 2018 |
Liefdesafari
Liefdesafari
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
Franci von Lelieveld is 'n CA en in haar lewe is daar vir alles 'n tyd en plek. Toe die wildbewaarder Gavin Michaels haar soen, voel sy hoe sy beheer oor haar lewe verloor. Maar hulle gaan op mekaar moet staatmaak, want 'n skynhuwelik is hul voorland.
Inligting oor die skrywer: René van Zyl is 'n oud-joernalis, skrywer en blogger wat teen die hange van die Magaliesberg in Hartbeespoort vir haar 'n nessie uitgegrawe het. Liefdesafari is haar eerste romanse in die Romanza-reeks.
Joanita Fourie, redigeerder van Romanzas sê oor hierdie debuutskrywer: “Die manuskrip is so plesierig, die taalgebruik heerlik spontaan met selfs 'n uiters gepaste nie-predikantsvrouerige woord so hier en daar, en die verhaal goed deurdink en sommer net lekker om te lees.”
Author René van Zyl
Share
