Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780799388763 | Published: July 31, 2018 | Paperback

Keshia Davids, superheld

Keshia Davids, superheld

Illustrator:Pe Grigo
Regular price R 195
Regular price R 0 Sale price R 195
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

Keshia Davids is net 'n doodgewone (gaap) skoolmeisie. Daar is niks spesiaals aan haar nie. Sy kan nie eens 'n behoorlike wawiel doen nie. Maar alles verander toe sy op 'n dag sien hoe 'n boelie op haar kleinsussie pik - en die vonke begin spat! Ja, regtig. Daar skiet ligstrale uit Keshia se vingers. Wat op aarde is aan die gang?
Dit is tyd dat haar ouers oop kaarte speel - en Keshia se lewe gaan nooit weer dieselfde wees nie. Sy vind uit haar ma lei 'n dubbele lewe as geheime superheld wat misdaad regoor die wêreld bestry, terwyl haar pa by die huis bly en na die kinders omsien. En die tyd het aangebreek dat Keshia by haar ma aansluit en deel word van die wêreldwye stryd teen skelms.
Terwyl Keshia se superkragte begin sterker word, moet sy 'n balans probeer vind tussen haar superheld-opleiding en haar skoolwerk. Hoe op aarde gaan sy haar geheim vir haar vriende wegsteek?
En toe haar ma se bose tweeling haar opwagting maak, begin Keshia wonder of dit nie dalk meer pret is om 'n super-SKURK te wees nie …?
'n Skreeusnaakse, aksiebelaaide avontuurverhaal vir jong lesers!

Author Alesha Dixon

Illustrator Pe Grigo

View full details