Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780799388978 | Published: April 26, 2018 |

Andolet

Andolet

Regular price R 165
Regular price R 0 Sale price R 165
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

Dit is 1899. Oorlede Simon, Andolet se aanneempa, bemaak haar, soos ʼn besitting, as bruid aan ʼn onbekende pionierboer, Christian Nitze, woonagtig op sy plaas in die verre Duits Suid-Wes Afrika. Sy reis saam met haar diensmeisie, Leila na die vreemde, nuwe land. Christian daag nie op om haar in Walvisbaai te ontmoet nie, maar stuur sy nors neef, Ferdinand, om ʼn “in proksie”-huwelik met haar te sluit. Die uitmergelende tog met die ossewaens van Walvisbaai, deur Swakopmund na Windhoek, leer haar oor meer as net die barre Dorsland waardeur hulle trek. Dit laat ʼn vlam tussen haar en Ferdinand ontspring, maar dit mag nie. Sy is, ná alles, ʼn getroude vrou. Andolet maak vroeg kennis met die onrus tussen die Herero's en die boere. Dit noop haar en Leila om by Dawid se mense, die Boesmans, in die wildernis te gaan wegkruip totdat Ferdinand haar uiteindelik na Heimat, Christian se plaas, toe vergesel. Haar skuldgevoel toe Christian haar verwelkom, laat haar haar liefde vir Ferdinand sonder sukses onderdruk. Haar lewe is in gevaar toe dit bekend word dat die hoofman van die Herero's haar wil ontvoer. Die aankoms van haar sogenaamde Franse familie begin egter stadig haar ware identiteit ontbloot …

Author Petronel Louw

View full details