Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780799389197 | Published: September 13, 2018 | Paperback

Groot Beer

Groot Beer

Illustrator:Zinelda McDonald
Regular price R 120
Regular price R 0 Sale price R 120
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

Ek is lief vir jou, Groot Beer!
Die eerste keer toe Lara vir Groot Beer sien, is op 'n skooluitstappie. Hy lyk nes haar teddie - net baie, baie groter.
Groot Beer lyk hartseer. Daarom gesels Lara met hom. “Moenie hartseer wees nie,” sê sy sag vir hom. “Ek is hier.”
Sy vertel vir hom hy is nie alleen nie. Sy sê vir hom hy hoef nie bekommerd te wees nie en sy vertel vir hom geheime waarvan niemand anders weet nie.
Maar toe Lara daardie middag by die huis kom, staan daar 'n tas en bokse in die gang. Sy hoor harde stemme en kort daarna ry Pappa weg.
“Moenie bekommerd wees nie, my skat,” sê Mamma vir haar. “Ek en jy gaan piekfyn wees.”
Maar daardie aand kan Lara nie slaap nie.
En kort voor lank klim iemand deur haar venster.
“Moenie hartseer wees nie,” sê 'n sagte stem. “Ek is hier.”
En daar is Groot Beer!
Kort voor lank beleef hulle hope avonture saam …
'n Sensitiewe, roerende storie oor 'n kind se hantering van egskeiding, en die wonderlike genesende krag van verbeelding en stories.
Ook in Engels beskikbaar as Big Bear, ISBN: 9780799389203.

Author Wendy Hartmann

Illustrator Zinelda McDonald

View full details