ISBN: 9780799389371 | Published: January 15, 2019 | Paperback
Hokaai, Lulu
Hokaai, Lulu
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
Geniet hope pret saam met Lulu en haar nuwe ponie
Die groot dag het eindelik aangebreek ... Lulu verjaar! Nie eens die nare tweeling van langsaan, Alet en Alex, kan haar dag bederf nie. Veral nie toe Lulu haar verjaardagpresent kry nie - 'n ponie!
Kort voor lank begin sy met rylesse. Eers gaan dit sukkel-sukkel, maar Lulu is in haar noppies toe sy hoor die ryskool beplan 'n piekniek in die veld. Al die ruiters en hul ponies mag spesiale kostuums dra. Lulu kan nie wag om 'n oulike kostuum vir haar en haar ponie te ontwerp nie! Sy droom immers daarvan om eendag 'n beroemde modeontwerper te word.
Maar dan loop die uitstappie onverwags skeef - en Lulu beland pens en pootjies binne-in haar grootste avontuur nóg!
Oor die reeks
Lulu droom daarvan om eendag 'n modeontwerper te word. Niks is vir haar lekkerder as om pragtige ontwerpe in haar rooi tekenboek te skets nie. Hierdie opwindende reeks uit die pen van die bekroonde Fanie Viljoen is propvol aksie, avontuur … en opwindende modes! Die vorige boeke in die reeks was Oe la la, Lulu; Bravo, Lulu; Oepse daisy, Lulu en La di da, Lulu.
Author Fanie Viljoen
Illustrator Elsbeth Eksteen
Share
