ISBN: 9780799389432 | Published: February 11, 2019 | Paperback
Stalmaats 21: Tweede Kans
Stalmaats 21: Tweede Kans
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
Die laaste boek in hierdie supergewilde perdereeks!
Al die Stalmaats-ruiters is in rep en roer oor die nuus dat 'n nuwe ryskool op die dorp oopmaak.
Josh, die eienaar se seun, is boonop saam met Anri, Megan en Karen in die klas - en hy probeer almal ompraat om Hoefslae 'n kans te gee. Anri en die res van die Stalmaats is baie lojaal aan die Dagbreek-ryskool, maar die nuwe ryskool is baie goedkoper en die eienaar was op sy dag 'n bekende Suid-Afrikaanse ruiter … Kan dit dalk die einde van die Dagbreek-ryskool beteken?
Om dinge erger te maak, lyk dit boonop of Josh met sy seegroen oë en blonde krulhare 'n ogie op Anri het - en Anri se kêrel, Jacques, is glad nie gelukkig daarmee nie … en sy ma en pa is boonop die eienaars van Dagbreek.
Toe Anri-hulle 'n geheim oor die nuwe ryskool uitvind, spat die vonke behoorlik!
Kom word deel van die pret en avontuur by die Dagbreek-ryskool saam met Anri, Megan, Karen en die ander Stalmaats! Hierdie is die laaste boek in dié bekroonde en geliefde perdereeks waaroor jong perdeliefhebbers al jare lank gaande is.
Author Lize Roux
Share
