ISBN: 9780799389845 | Published: June 26, 2018 |
Lelies vir Louisa
Lelies vir Louisa
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
Kan 'n saffier mens na jou herkoms lei?
Lesers het Louisa in Rose vir Roselle leer ken as die ongehude ma wat in sak en as onverwags op La Roseraie aankom, en dadelik deur almal as familie aanvaar word.
In Lelies vir Louisa worstel Louisa met die groot vraag oor haar herkoms. Sy is as baba op 'n kinderhuisstoep gelos met 'n saffier wat per ongeluk laat val is. Die saffier lei haar uiteindelik na die buurplaas La Montagne maar die antwoorde kom nie maklik nie.
Intussen floreer haar loopbaan as fotograaf en sy word 'n pos aangebied op Liberté waar haar en Liam se paaie kruis. Hy is aanvanklik nors en ongeskik, maar stelselmatig sien Louisa 'n ander kant van hom, veral as hy met haar dogtertjie Rose speel.
Lelies vir Louisa is deel van LAPA Uitgewers se SuperRomanza-reeks, en volg op Rose vir Roselle. Die karakters uit Rose vir Roselle maak almal weer hul verskyning, en daar is 'n paar nuwes by.
Author Rosita Oberholster
Share
