Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780799389876 | Published: June 26, 2018 | Paperback

Man sonder weerga Omnibus

Man sonder weerga Omnibus

Author:Bets Smith
Regular price R 225
Regular price R 0 Sale price R 225
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

Bets Smith is een van Afrikaans se gevestigde skrywers. Behalwe vir romanses, skryf sy ook spanningsverhale.
Hierdie omnibus is 'n samestelling van drie van Bets se vorige Romanzas, Die towerformule, Liefste Valentyn en Engel sonder vlerke.
Bets Smith se karakterisering en sin vir humor kom na vore in hierdie verhale. Sy het fyn uitgewerkte storielyne, met die fokus op die emosionele belewenis van die leser. Al drie verhale het 'n hospitaal - of mediese agtergrond.

Die towerformule:
Esti se nuwe huisbaas op die Noord-Kaapse dorpie verwar haar. Is Bernhard Ehmke die beer, wat hom oor vroue ontferm, of die wolf, wat harte verorber? Maar beer of wolf, dié dokter sal haar nie ook meesleur nie.
Liefste Valentyn:
Elvira vermoed lankal Marius gebruik haar. Die hospitaalgange dreun oor hom en die baas se dogter. Reuel, die nuwe chirurg, wil Marius jaloers maak, en Elvira wonder - is sy verpletter? Of dalk verlig?
Engel sonder vlerke:
Minette se laaste studiejaar ontaard in 'n nagmerrie toe sy self moet sorg vir elke sent wat sy benodig. Sy waardeer beslis nie die enigmatiese dokter Hugo Storm se ongevraagde inmenging in haar lewe - of haar hart - nie.

Author Bets Smith

View full details