Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780799390537 | Published: November 20, 2018 | Paperback

Prettige feite: Plaasdiere

Prettige feite: Plaasdiere

Regular price R 150
Regular price R 0 Sale price R 150
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

Prettige feite en aktiwiteite vir woelwaters!
Hierdie reeks is spesiaal ontwikkel vir kinders 5 jaar en ouer, en is die perfekte mengsel van opvoedkundige inhoud en eenvoudige, praktiese aktiwiteite soos handwerk, kookkuns en tel. Jong lesers leer meer oor 'n verskeidenheid interessante onderwerpe en kry die geleentheid om prettige projekte aan te pak wat by die temas aansluit. Die eenvoudige aktiwiteite dra by tot die ontwikkeling van geletterdheid, syfergeletterdheid, geheueontwikkeling en handvaardigheid. Hou die kleinspan besig terwyl hulle speel-speel leer!
Daar is vyf hoogs versamelbare titels in die reeks:
Haaie en ander seediere
Goggas
Wonders van die woud
Van my kop tot my tone

Plaasdiere
Kuier 'n dag lank op die plaas! Loer in by die perde en voer die hoenders. Kinders leer meer oor die lewe van plaasdiere en ontdek interessante feite oor die plaaslewe terwyl hulle verskillende handwerk-aktiwiteite, raaisels en leerspeletjies voltooi. Elke bladsy bevat helder foto's met maklik verstaanbare teks en eenvoudige stap vir stap instruksies wat jong lesers kan volg om die projekte te voltooi. Die boek kombineer feite vir kinders met prettige aktiwiteite - die perfekte manier om lang somersdae deur te bring!

View full details