ISBN: 9780799390544 | Published: November 20, 2018 | Paperback
Prettige feite: Haaie en ander seediere
Prettige feite: Haaie en ander seediere
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
Prettige feite en aktiwiteite vir woelwaters! Hierdie reeks is spesiaal ontwikkel vir kinders 5 jaar en ouer, en is die perfekte mengsel van opvoedkundige inhoud en eenvoudige, praktiese aktiwiteite soos handwerk, kookkuns en tel. Jong lesers leer meer oor 'n verskeidenheid interessante onderwerpe en kry die geleentheid om prettige projekte aan te pak wat by die temas aansluit. Die eenvoudige aktiwiteite dra by tot die ontwikkeling van geletterdheid, syfergeletterdheid, geheueontwikkeling en handvaardigheid. Hou die kleinspan besig terwyl hulle speel-speel leer! Daar is vyf hoogs versamelbare titels in die reeks: Plaasdiere Goggas Wonders van die woud Van my kop tot my tone Haaie en ander seediere Hierdie titel stel kinders aan die wonderwêreld onder die branders bekend deur middel van prettige, opvoedkundige aktiwiteite. Ontmoet oulike harlekynvisse, spelerige dolfyne, honger haaie en al hul ander seelewende maats in hierdie aktiwiteitsboek propvol wonderlike feite. Vind uit hoe om jou eie jellievisse te maak en ontwerp pragtige papierbord-harlekynvisse, terwyl jy die kleurvolste karakters in die see leer ken.
Author Dorling Kindersley
Share
