Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780799390551 | Published: November 20, 2018 | Paperback

Prettige feite: Goggas

Prettige feite: Goggas

Regular price R 150
Regular price R 0 Sale price R 150
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

Prettige feite en aktiwiteite vir woelwaters!
Hierdie reeks is spesiaal ontwikkel vir kinders 5 jaar en ouer, en is die perfekte mengsel van opvoedkundige inhoud en eenvoudige, praktiese aktiwiteite soos handwerk, kookkuns en tel. Jong lesers leer meer oor 'n verskeidenheid interessante onderwerpe en kry die geleentheid om prettige projekte aan te pak wat by die temas aansluit. Die eenvoudige aktiwiteite dra by tot die ontwikkeling van geletterdheid, syfergeletterdheid, geheueontwikkeling en handvaardigheid. Hou die kleinspan besig terwyl hulle speel-speel leer!
Daar is vyf hoogs versamelbare titels in die reeks:
Plaasdiere
Haaie en ander seediere
Wonders van die woud
Van my kop tot my tone

Goggas
Hierdie boek stel kinders aan inseklewe bekend deur middel van prettige, opvoedkundige aktiwiteite. Ontmoet besige bye, wriemelende wurms, oulike skilpadbesies en al hul goggavriende in hierdie aktiwiteitsboek propvol wonderlike feite. Maak jou eie pragtige skoenlappers, versier koekies, en tel insekte se pote, terwyl jy fantastiese feite oor goggas leer.

View full details