Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780799390568 | Published: November 20, 2018 | Paperback

Prettige feite: Wonders van die woud

Prettige feite: Wonders van die woud

Regular price R 150
Regular price R 0 Sale price R 150
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

Prettige feite en aktiwiteite vir woelwaters!
Hierdie reeks is spesiaal ontwikkel vir kinders 5 jaar en ouer, en is die perfekte mengsel van opvoedkundige inhoud en eenvoudige, praktiese aktiwiteite soos handwerk, kookkuns en tel. Jong lesers leer meer oor 'n verskeidenheid interessante onderwerpe en kry die geleentheid om prettige projekte aan te pak wat by die temas aansluit. Die eenvoudige aktiwiteite dra by tot die ontwikkeling van geletterdheid, syfergeletterdheid, geheueontwikkeling en handvaardigheid. Hou die kleinspan besig terwyl hulle speel-speel leer!
Daar is vyf hoogs versamelbare titels in die reeks:
Plaasdiere
Haaie en ander seediere
Goggas
Van my kop tot my tone

Wonders van die woud
Maak kennis met al die oulike diere en ongelooflike dinge in 'n woud - van hasies tot bere en goggas - in hierdie opvoedkundige projekboek. Elke bladsy bevat asemrowende foto's met maklik verstaanbare teks en eenvoudige stap vir stap instruksies wat jong lesers kan volg om elke projek te voltooi. Maak 'n oulike dennebol-uil, 'n beermasker, heerlike bessie-ysies, en vele meer. Perfek vir kinders wat versot is op die buitelewe!

View full details