ISBN: 9780799390575 | Published: November 15, 2018 | Paperback
Prettige feite: Van my kop tot my tone
Prettige feite: Van my kop tot my tone
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
Prettige feite en aktiwiteite vir woelwaters!
Hierdie reeks is spesiaal ontwikkel vir kinders 5 jaar en ouer, en is die perfekte mengsel van opvoedkundige inhoud en eenvoudige, praktiese aktiwiteite soos handwerk, kookkuns en tel. Jong lesers leer meer oor 'n verskeidenheid interessante onderwerpe en kry die geleentheid om prettige projekte aan te pak wat by die temas aansluit. Die eenvoudige aktiwiteite dra by tot die ontwikkeling van geletterdheid, syfergeletterdheid, geheueontwikkeling en handvaardigheid. Hou die kleinspan besig terwyl hulle speel-speel leer!
Daar is vyf hoogs versamelbare titels in die reeks:
Plaasdiere
Haaie en ander seediere
Goggas
Wonders van die woud
Van my kop tot my tone
Nuuskierige kinders kan ontdek waarom hulle 'n sekere haar- of oogkleur het en waarom hulle 'n naeltjie het. Dan kan hulle 'n oulike familiestamboom ontwerp, 'n stel papierlonge maak en kyk hoe dit werk, en kreatief raak met vingerafdrukke. Hierdie boek is vol fantastiese feite en aktiwiteite wat by mekaar aansluit, ideaal vir jong slimkoppe wat meer oor die menslike liggaam wil leer. Jy kan selfs ontdek hoe jou liggaam inmekaarpas deur 'n lewens-grootte buitelyn van jouself op papier na te trek!
Author Dorling Kindersley
Share
