Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780799390612 | Published: January 29, 2019 | Paperback

Zackie Mostert 15 en die Monster-Melkskommel

Zackie Mostert 15 en die Monster-Melkskommel

Regular price R 170
Regular price R 0 Sale price R 170
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

Wie gaan die MONSTER-MELKSKOMMEL tem?
Dit is SKOOLVAKANSIE!
Zackie en Vincent gaan sommer hope pret hê! Hulle gaan swem, skaatsplank ry in die parkie en met hulle watergewere speel.
Maar soos gewoonlik is Anton die boelie ook in die omtrek. En hierdie keer het hy iemand wat hom gaan help om Zackie-hulle se pret te bederf.
Boonop het mevrou Langenhoven kuiergaste vir die vakansie - en Zackie en Vincent word gedwing om met die VERVELIGE tweeling te speel.
Dit lyk of dit die aakligste vakansie OOIT gaan wees! Maar toe 'n splinternuwe restaurant sy deure open met 'n kompetisie om te kyk wie die meeste Monster-melkskommels kan drink, begin dit lyk of die vakansie dalk GROOT pret kan wees ... Die wenner kry immers 'n splinternuwe, WILDE, WOESTE WATERGEWEER as prys ...

Author Jaco Jacobs

Illustrator Alex van Houwelingen

View full details