Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780799390858 | Published: October 2, 2018 | Paperback

Logika van die liefde

Logika van die liefde

Regular price R 165
Regular price R 0 Sale price R 165
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

Skoonheid kan ook in gebrokenheid bestaan
Emmerentia het borskanker oorwin maar is nog baie broos en vind veral haar emosionele herstel moeilik. Sy voel skuldig omdat sy herstel het van borskanker terwyl haar ma daaraan gesterf het toe Emmerentia nog jonk was. Sy en haar pa het 'n baie spesiale band, en hy nooi haar saam op 'n maandlange reis deur Australië waar hy en 'n kollega kongresse gaan bywoon en deur die land toer. Sy is eers teensinnig en stem langtand in want sy is veral nie lus vir die vreemdeling wat saam gaan reis nie.
Brent is 'n bekwame jong wetenskaplike wat baie opkyk na Emmerentia se pa, en hom as sy mentor beskou. Maar Brent het as jong seun 'n gesinstragedie beleef wat hom sku maak vir mense en het hom in sy eie wêreld “toegesluit”.
Emmerentia en Brent sukkel om by mekaar aanklank te vind, maar deur haar pa se toedoen word hulle male sonder tal saamgegooi en leer hulle mekaar algaande beter ken. En vorm wedersydse begrip.

Logika van die liefde is deel van LAPA Uitgewers se SuperRomanza-reeks. Marilé Cloete se boek vergelyk goed met Dina Botha, Marijke Greeff, Elsa Winckler en Madelie Human se skryfwerk.

View full details