ISBN: 9780799393217 | Published: February 26, 2019 | Paperback
Boodskapper van die gode
Boodskapper van die gode
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
Fabels en fantasieë deur Murray La Vita
Ek wou so graag hê een van daardie fone moet lui en die man moet (sonder om verbaas te lyk) omdraai en dit optel. Dan moet hy glimlag en in 'n stem wat al dekades lank aan miljoene mense bekend is, sê: “Hello, Elvis here.”
Boodskapper van die gode is ʼn keur uit die veelbekroonde joernalis Murray La Vita se rubrieke, sketse en essays. Sy aangetrokkenheid tot dit wat ongewoon en aweregs is, vind in talle van die 104 stukke in hierdie bundel neerslag. Ervarings uit sy kinderdae en jeug word afgewissel met belewenisse tydens reise na stede soos New York, Parys, Rome en Amsterdam. Hy skryf oor waarom hy nie die Anne Frank-huis kon besoek nie, vergrype op eilande, hoe hy en sy nefie as vyfjariges oorlog ontdek het, eerste liefde op sy hartsplek Hangklip, en hoe sy geliefde vriendin in ʼn heks verander het. Hoewel die leser melancholie, weerloosheid en selfs gebrokenheid in hierdie stories sal aantref, is daar ook heerlike humor en absurditeite.
Murray La Vita is ʼn bekroonde Afrikaanse profiel- en rubriekskrywer. Boodskapper van die gode bestaan uit sketse wat as rubrieke in hoofsaaklik Die Burger verskyn het. Hy skryf dikwels oor op die oog af klein gebeurtenisse en dinge, maar dit word dan ontgin op ʼn wyse wat die leser meermale onrustig of melancholies stem.
Author Murray La Vita
Share
