ISBN: 9780799393712 | Published: February 28, 2019 | Paperback
Ligaman
Ligaman
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
Hy speel in sy eie liga ...
Annabeth woon in 'n klein huisie, ry 'n klein oranje karretjie en leer graadeentjies lees en skryf. Sy is egter, na haar mening, so groot soos 'n huis. En haar hart is seer, want haar pa verwyt haar, haar broer baklei met haar, haar ma wil haar gedurig op 'n dieet sit. En geen man vra haar ooit uit nie.
Haar skoolhoof, Markus Wienand, het darem 'n sagte plekkie vir haar en help haar graag. En dan is daar die onderhoof in haar moeder-van-die-bruid pakkies wie se hart ook op die spel is.
En toe stap die aantreklike Sybrand met sy Adonis-lyf vol spiere in haar lewe in en hy kondig aan dat hy haar wil help om maer te word. Die arme Annabeth. Soveel manlike prag, maar vir haar is hy nie beskore nie.
Annabeth het 'n reis om te voltooi, 'n reis wat haar lewe stroop van appeltert en fudge en konfyttertjies. Wat haar laat oefen tot sy bewe. Wat haar die waarde van aanhou en moedhou leer ken. 'n Reis wat van haar vra om te vergewe en haar bring by die man wat in sy eie liga speel.
Ligaman is deel van LAPA Uitgewers se SuperRomanza-reeks.
Author Magdaleen Walters
Share
