ISBN: 9780799394016 | Published: May 28, 2019 | Paperback
Vakansiepret 3: Die kolwyntjie -kompetisie
Vakansiepret 3: Die kolwyntjie -kompetisie
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
'n Kompetisie vir meesterbakkers op Duinebaai!
Jana en Alisha sien mekaar net wanneer hulle gesinne vakansie hou op Duinebaai. En hierdie vakansie beloof om báie opwindend te wees. Alisha kry 'n pamflet wat 'n kolwyntjie-kompetisie aankondig. Dit maak almal opgewonde - selfs vir Jana se jonger boetie Tiaan - en Jana en Alisha oefen sommer reeds voor die kompetisie hoe om kolwyntjies te bak. By die kompetisie verloop dinge nie so seepglad nie. 'n Kat wat gejaag word deur 'n hond storm by die kompetisie in en voor enige iemand kan keer, is die deelnemers se kolwyntjies op die vloer. Gelukkig kan Jana en Alisha die kompetisie red ... Skielik lyk dit of vandag die beste dag óóit gaan word!
Hierdie is 'n reeks vir meisies, met 'n sterk fokus op humor, vriendskap, vakansiepret en avontuur. Titels in die reeks:
1. 'n Piekniek op die strand (9780799384529)
2. Vlieërs en filmsterre (9780799384536)
3. Die kolwyntjie-kompetisie (9780799394016)
4. Sand, see en dolfyne (9780799394030)
Author Theresa van Baalen
Illustrator Zinelda McDonald
Share
