Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780799394054 | Published: July 11, 2019 | Paperback

Z-A-K: Die Blou planeet

Z-A-K: Die Blou planeet

Illustrator:Zinelda McDonald
Regular price R 120
Regular price R 0 Sale price R 120
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

Twee wêrelde is op die punt om te bots ...
Mitch het 'n knop op sy maag, hy weet iéts gaan gebeur. Iets sleg.
En dan land die ruimtewesens in Deltaville en ontvoer inwoners van die dorp.
Mitch en sy beste vriend, Lionel, besef dat dit hulle taak sal wees om die inwoners te red.
Op die planeet Zenkion is Imke besig om oor die Blou Planeet, Aarde, te leer. Haar ma was 'n Aardling en dit beteken Imke is half-Blou Planeter, half-Zenkioniet. Al wat Imke wil doen, is om die blou waters van die Blou Planeet te sien. Sal sy die kans aangryp om na hierdie planeet te gaan?
Al is die planeet besig om aangeval te word …
Mitch en Imke se wêrelde ontmoet in hierdie verhaal oor ruimtereise, ruimtewesens en 'n soeke na die plek waar elkeen behoort.

Hierdie boek was op die kortlys vir LAPA se Jeugromankompetisie 2017.
Z-A-K: Blou Planeet is ʼn fantasie- en nabye toekomsverhaal. Spanning word goed opgebou en tipiese en universele geval tieneremosies en -vrese word aangeraak. Interessante tegnologie word deur die karakters gebruik. ʼn Nuwe perspektief word op ruimtewesens geplaas. Dié wesens is nie net skurke nie.

View full details