ISBN: 9780799395273 | Published: June 27, 2019 | Paperback
Net een kans
Net een kans
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
Kan jy liefde in die verkeer vind? Lara ontmoet iemand op die vreemdste manier denkbaar: in die verkeer, op pad werk toe. Sy is egter oortuig dat dit ’n mal man is wat uit een of ander gestig ontsnap het –watter tipe mens wat ál sy varkies op hok het, sal ’n vreemdeling in die verkeer sien en oortuig wees dat hy doodeenvoudig net met die meisie móét praat? Toe sy hom baie deeglik laat verstaan dat sy nie saam met ’n versteurde man eers sal gaan koffie drink nie, daag hy by haar werk op en dring daarop aan om sáam met haar te werk. Die aanbod is te goed om van die hand te wys, maar Lara maak dit baie duidelik dat dit uitsluitlik ’n professionele verhouding sal wees. Net een kans ondersoek hoe afwesige ouers ’n volwassene se siening van liefde beïnvloed. Lara se pa verlaat haar en haar ma wanneer sy ’n baba is, en haar ma het konstant nuwe liefdes in haar lewe. Sy het dus ’n fobie vir verhoudings en vertrou nie baie maklik nie. Net een kans is deel van LAPA Uitgewers se liefdesverhaalreeks, Romanza. Dit kan vergelyk word met Harlequin en Mills & Boon romanses.
Author Louise Minnaar
Share
