ISBN: 9780799395556 | Published: July 30, 2019 | Paperback
Liefde is wynrooi
Liefde is wynrooi
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
Hy les haar dors na liefde… Toegewyde sangeres, Karista Leclus, haat rugbyspelers – Hulle speel beter met haar gevoelens as rugby! Marcel hét haar immers vir ’n trompoppie gelos … Wanneer Gareth O’Neill – die onmoontlik-aantreklike rugbyspeler – haar amper vertrap is sy woedend. Goed, hy hét verskoning gevra … en hy hét die blouste oë wat sy nóg gesien het … Maar sy kan nie Marcel se verraad vergeet nie. Hulle moet nou saamwerk vir ’n gesamentlike hen- én haanpartytjie in die Bosveld, en wanneer hy sy flikkers gooi kan sy sweer hy speel vuil, maar sy kan nie vergeet dat Gareth net nóg ’n rugbyspeler is nie. Sy kan dit nie bekostig nie, want daar is hierdie keer té veel op die spel … Liefde is wynrooi is deel van LAPA Uitgewers se liefdesverhaalreeks, Romanza. Romanza kan vergelyk word met Mills & Boon en Harlequin. Dit is René van Zyl se vyfde Romanza.
Author René van Zyl
Share
