ISBN: 9780799395587 | Published: July 30, 2019 | Paperback
Aandsterbelofte
Aandsterbelofte
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
Sekere beloftes hou lewenslank ... As gevolg van ʼn verlede van seermaak, hardloop Abby weg wanneer ʼn verhouding te ernstig raak. Dus eindig sy haar verhouding met James; maar James sien egter nie die verhouding as werklik op ʼn einde nie en sal alles in sy vermoë doen om haar terug te wen. In die tussentyd, koop Abby ʼn stuk grond wat sy graag wil ontwikkel, want dit het betekenis vir haar en ou liefde, Armand Steyn. Wanneer Armand na agt jaar van Amerika terugkom en voortdurend probeer om die grond terug te koop wat die bank nie die reg gehad het om te verkoop nie, vlieg die vonke en ou emosies word herleef. Abby en Armand se liefde vir die stuk grond naby ʼn rivier en hul gewoonte om sononder te ontmoet, herinner hulle albei aan die belofte wat hulle baie jare gelede op die aandster gemaak het; maar kan Armand James se hardkoppige verklarings van liefde verslaan terwyl hy sy eie konstante gevoelens vir Abby bewys, deur die mure wat sy rondom haar hart gebou het, dít terwyl hy deur die mure breek wat sy om haar hart gebou het om haarself te beskerm en so dan ook die kloof wat hy tussen hulle veroorsaak het, te genees? Aandsterbelofte is skrywer Judy Troskie se jongste romanse vir die Romanza handelsmerk. Romanza is LAPA Uitgewers se romansereeks, wat vergelyk kan word met Mills & Boon en Harlequin-romanses.
Author Judy Troskie
Share
