Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780799395716 | Published: July 26, 2019 | Paperback

Lea lief seeskilpaaie :Avonture by die akwarium

Lea lief seeskilpaaie :Avonture by die akwarium

Illustrator:Elanie Bieldt
Regular price R 120
Regular price R 0 Sale price R 120
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

Lea lief alle diere!
Lea se ma is 'n veearts en haar tannie werk by die akwarium se seeskilpadredding- en rehabilitasie-sentrum - om diere te red, is in haar bloed! Toe sy die kans kry om saam met haar familie see toe te gaan om haar tannie te gaan help met die seeskilpaaie kan sy nie wag nie. Haar sussie, Lola, het egter net ooghare vir Amelia Ametis: die gewilde popsangeres wat 'n groot konsert hou!
Maar Lea beleef allerhande onverwagse avonture by die akwarium; van 'n siek pikkewyn, 'n skielike swem in die haaitenk en Amelia Ametis wat opdaag - met skilpaddopjuwele! Lea moet net iets doen om die seeskilpaaie te probeer red. Toe kry sy 'n blink plan ...

Hierdie is die eerste boek van 'n nuwe reeks vir meisies. Die storie fokus op diere wat 'n baie gewilde onderwerp is vir kinders, en het 'n sterk ekologiese en omgewingsfokus. Op die oomblik is dit baie aktuele sake.

Ander titels in die reeks:
Lea lief honde
Lea lief apies
Lea lief uile

Author Cecilia Steyn

Illustrator Elanie Bieldt

View full details