Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780799395877 | Published: December 11, 2019 | Paperback

Sasha word stil

Sasha word stil

Illustrator:Angela Banks
Regular price R 150
Regular price R 0 Sale price R 150
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

Word stil en luister ... Elke Saterdagoggend gaan doen Sasha en haar gesin inkopies. Die motor vleg deur die besige verkeer. Mamma loer in die spieëltjie. “Waarom is jy vandag so stil, Sasha?” vra sy. Sasha glimlag net en beduie met haar vinger voor haar mond. Sy spits haar ore. En luister. Sy luister … Na die gedreun en getoeter van die motors in die stad, die gezoem van stemme in die winkels, die rustige gekoer van die duif in die tuin … En ’n wonderlike plan begin in haar kop broei. Hierdie splinternuwe prenteboek deur Jaco Jacobs bevat pragtige illustrasies deur die kunstenaar Angela Banks, wat ’n klassieke, kunstige element aan die teks verleen. Die sterk fokus op geluide en musiek maak hierdie ’n baie prettige voorlees boek en ’n uitstekende manier vir ouers of onderwysers om kinders aan geluide bloot te stel. Lesers leer oor verskillende geluide en hoe musiek gemaak word, daarom is hierdie boekie ideaal vir kleuters of voorskoolse kinders om sensitiwiteit vir klank te stimuleer. Die storie dra ook by tot die ontwikkeling van begrip van oorsaak en gevolg. Die namaak van klanke en geluide sal uitstekend bydra tot kleuters se verstandelike- en taalontwikkeling.

Author Jaco Jacobs

Illustrator Angela Banks

View full details