Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780799395945 | Published: August 26, 2019 | Paperback

Blou Maandag

Blou Maandag

Illustrator:Karen Lilje
Regular price R 190
Regular price R 0 Sale price R 190
Out of print
VAT included.

Dispatch within 1–3 working days

Party Maandae is so blou, nie eens roomys kan dit beter maak nie
Toe Jana haar oë oopmaak, weet sy sommer … vandag gaan 'n BLOU MAANDAG wees!
Dit lyk asof 'n tornado haar hare getref het. Die hamster het haar huiswerk opgeëet. Daar is aspersies in haar kosblik. En dit is háár skuld dat die hele skool glo haar beste vriendin se kop is vol grillerige goggas!
Boonop is vanaand die groot talentaand waarna Jana al weke lank uitsien. Sy werk al so lank aan 'n liedjie vir die talentaand, maar sê nou dinge loop skeef op die verhoog? Hoe erg kan een Maandag wees?
'n Prettige holderstebolder-avontuur vol skaterlag-humor, oor daardie dae wanneer dit voel asof alles skeefloop!

'n Snaakse, aksiebelaaide storie vir beginner- en intermediêre lesers met temas soos vriendskap, gesinsverhoudings, boelies en musiek. Jaco Jacobs se kenmerkende humor sal jong lesers laat skaterlag in hierdie rampspoedige komedie.Soortgelyke Jaco Jacobs-boeke vir hierdie ouderdomsgroep is Spaghetti tussen jou tone en Viskos!

Author Jaco Jacobs

Illustrator Karen Lilje

View full details