Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780799396294 | Published: June 7, 2020 | Paperback

Help! My kind is anders

Help! My kind is anders

Regular price R 320
Regular price Sale price R 320
Out of print
VAT included.

Dispatch within 7–14 working days

Ontdek die ster in jou anderster kind
Om 'n tipiese kleuter groot te maak is geen grap nie. Hoe dan gemaak as jou kind 'anders' is? Wat as hy hiperaktief en aandagafleibaar is? Wat as jy vermoed sy's op die outismespektrum? Hoe gemaak met lae spiertonus en 'n swak pengreep? Wat as hy 'n taalagterstand het, lispel of hakkel?
En sê nou sy het nie leerprobleme nie, maar sukkel met angs?
In Help! My kind is anders! beantwoord 'n span kundiges dié en vele ander vrae waarmee ouers vandag worstel. Is terapie werklik nodig of net 'n geldmaakstorie? En waar begin 'n mens as jy dink daar is fout?
In 30 boeiende gevallestudies vertel ouers en terapeute saam hul ware verhale van deursettingsvermoë en hoop. Sielkundiges, spraakterapeute, oudioloë, arbeidsterapeute, fisioterapeute, spelterapeute en ander medici deel hul kennis, ervaring en geheime.

Help! My kind is anders is 'n praktiese gids met bruikbare wenke wat ouers toerus met die nodig kennis en riglyne om atipies kinders groot te maak. Daar is nie baie selfhelpgidse in Afrikaans wat hierdie kwessie aanraak nie. Christien Neser is self ook 'n spraakterapeut wat elke dag met kinders en ouers werk.

Ook beskikbaar in Engels - Help! My child is atypical.

View full details