ISBN: 9780799396362 | Published: August 27, 2019 | Paperback
Hoogsomerliefde
Hoogsomerliefde
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
’n Liefde warm genoeg om enige hart te smelt … Roelien en haar tiener-broer trek vanaf die stad na ’n Karoodorpie om oor te begin na hul ouma se dood. Hulle ontmoet heel eerste die ongeskikte buurman, onmoontlik-aantreklike Wynand, en sy kwaai hond, Raka. Om dinge nóg te vererger gee Roelien en Wynand by dieselfde plek skool! Roelien kan nie vir Wynand verdra nie, maar dit lyk nie of haar hart die memo gekry het nie. Wynand sukkel ook met sy toenemende gevoelens vir die blonde vrou langsaan. Hy weet hy sal dit nie kan verdra as sy uit sy lewe moet glip nie. Toe die skoolhoof ’n ultimatum aan hom stel, besef Wynand dat hy hom moet regruk. Die vraag is: Het hy nie dalk reeds sy kanse by Roelien verspeel nie? Hoogsomerliefde is deel van LAPA Uitgewers se liefdesverhaalreeks. Dit kan vergelyk word met Harlequin en Mills & Boon se boeke.
Author Marilé Cloete
Share
