Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780799396454 | Published: August 27, 2019 | Paperback

Reënboogliefde

Reënboogliefde

Regular price R 100
Regular price R 0 Sale price R 100
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

Ná die reën kom die reënboog Christi gaan kuier vir haar ouma waar dié op ʼn klein dorpie bly, daar ontmoet sy die besonder aantreklike dorpspredikant, Philip. Hy laat só ʼn indruk op haar na ʼn paar terloopse kuiers dat sy besef dat sy eintlik baie meer van hom hou as van haar kêrel (en moontlike verloofde). Dus besluit sy sommer om hals-oor-kop ʼn onderwyspos op die dorp te aanvaar en daarheen te trek. Dáár aangekom, besef Christi dat iets nie pluis is nie en dat Philip dalk nie dieselfde voel oor haar as wat sy oor hom voel nie, want selfs ná sy egskeiding bly hy nog steeds weg en kom sien haar nie soos wat sy gehoop het nie. Mettertyd begin dinge regloop vir Christi en Philip, maar ʼn venynige opmerking dreig om hulle weer uitmekaar te skeur. Christi kan maar net hoop dat ná al die reëndae in hulle verhouding, die son weer sal skyn en die reënboog (soos belowe) sal uitkom, juis omdat Philip die tipe man is wat sal veg vir die vrou wat hy met sy hele hart liefhet. Hierdie storie handel oor die uitwerking van gebroke families en sosiale norme wat steeds bestaan rondom egskeiding, asook hoe ander mense se menings en persepsies dikwels mense se kans op liefde beïnvloed. Reënboogliefde is deel van LAPA Uitgewers se liefdesverhaalreeks. Romanza kan vergelyk word met Mills & Boon en Harlequin.

Author Magda Schmidt

View full details