ISBN: 9780799396645 | Published: December 3, 2019 | Paperback
Want hy praat tjoklits
Want hy praat tjoklits
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
Is hy haar liefde werd? Friede Tredoux het ’n slegte stel met ’n branderplankryer afgetrap. Hy’t nie gewerk nie en het geen toekomsvisie gehad nie. Sy ontmoet vir Matthys Combrink op Philadelphia terwyl sy en Jody by Leah kuier. Hy bak brood by die plaaslike deli. Sy is ’n arbeidsterapeut op George en begin oefen vir ’n marathon. Tot haar verbasing is Matthys een Saterdagoggend ook daar. Daar is beslis allerhande vibrasies wanneer sy naby hom is, maar sien sy kans vir ’n man wat brood bak vir ’n lewe? Waar pas die boek in? Romanza is LAPA Uitgewers se romansereeks, wat vergelyk kan word met Mills & Boon en Harlequin-romanses. Want hy praat tjoklits is Elsa Winckler se jongste romanse. Haar vorige romanses in die Romanza-reeks sluit die volgende in: • Blameer die skoenlapper (Februarie 2018), • My groot liefde (November 2018), • Want die hart weet (Januarie 2019), en • Altyd net jy (Augustus 2019).
Author Elsa Winckler
Share
