ISBN: 9780799396911 | Published: January 14, 2020 | Paperback
Heuning om die hart
Heuning om die hart
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
Die geur van liefde was nog nooit so aantreklik nie! Georgie is tot in haar murg geskok toe sy in die koerant sien haar kêrel het by ʼn klub vir enkellopende boere wat vrou soek, begin: die Bokkies vir Boere-klub. Sy vlug na ʼn vreemde dorp en gaan gee musiek by ʼn vreemde skool. Met mans is sy vir eers klaar, baie dankie, en in haar gemoed is daar weer vrede. Of byna. Want Ben die byeboer kom versondig kort-kort haar siel, en dit boonop in haar eie musiekklas. Dit is onregverdig dat so ʼn paar mooi, breë skouers op so ʼn lummel vermors is. Dan is daar ook die dinamiese wildboer, Phillip, wat vir haar blomme gee en haar vriendinne in vervoering het. Maar Georgie hou haar hart dig toegemaak, want sy het al geleer: mansmense, en veral boere, lyk dit vir haar, beteken tog net moeilkheid. Romanza is LAPA Uitgewers se romansereeks, wat vergelyk kan word met Mills & Boon en Harlequin-romanses. Heuning om die hart is Salma Swanepoel se eerste romanse in die Romanza-reeks.
Author Salma Swanepoel
Share
