Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780799397116 | Published: October 8, 2019 | Paperback

Iemand wat verdrink en ander verhale

Iemand wat verdrink en ander verhale

Regular price R 240
Regular price R 0 Sale price R 240
Out of print
VAT included.

Dispatch within 7–14 working days

Hierdie bundel bevat kortverhale van ’n aantal bekende skrywers, soos Marita van der Vyver, Fanie Viljoen, Nathan Trantraal, Nanette van Rooyen en Zelda Bezuidenhout. Jong stemme soos Mercy Kannemeyer, Almero Welgemoed, Corinne Raath en Arleen Stone verskyn ook in die bundel. Die bundel bevat stories wat so aangrypend is, jy sal als in een slag wil klaarlees sodat jy iemand word wat verdrink in stories …

Word iemand wat verdrink in stories …
Iemand wat verdrink.
Iemand met 'n donker gewete.
Iemand wat 'n vloekwoord hoor.
Iemand wat nie kan sien nie.
Iemand wat oranje word.
Iemand wat gesond eet vir Instagram likes.
Iemand wat klippe en klappers gooi.
Iemand in swart en wit.
Iemand wat beheer verloor.
Iemand wat 'n boot vir sy pa bou.
Iemand wie se lewe verfrommel.
Iemand wat vir die eerste keer gim toe gaan.
Iemand wat reëls maak en wraak neem.
Iemand wat begrafnis blomme kry voor hy sterf.
Iemand en haar ouma en 'n klomp befoeterde vroue.
Iemand wat na appels ruik.
Iemand wat, die vet weet, klaar is met koolsop.
Iemand wat zombies skiet.
Iemand vir wie mieliepap soos armoede smaak.
Iemand wat op banke duik.
Iemand wie se skooltas wegraak.
Iemand wat ongelukkig 'n gelukkige trekking wen.
Iemand wat 'n nuwe hart kry.
Iemand met 'n stert.
Ontmoet hulle almal in hierdie bundel. En word iemand wat verdrink in stories.


Trefferboeke soos Slym, Klou, Betower, Bravo, Lulu, Aksieheld Austin en die Nova-wetenskapfiksiereeks het van Fanie Viljoen 'n huishoudelike naam gemaak. Fanie het op skool reeds in kuns belang gestel, en afgesien van sy bekroonde skryfwerk vir kinders en jongmense, is hy ook 'n visuele kunstenaar en kinderboekillustreerder wat al aan verskeie uitstallings deelgeneem het. Sy boeke BreinBliksem en Onderwêreld is albei met die Sanlamprys vir Jeuglektuur bekroon, Betower en Afkop was naaswenners in LAPA se jeugromankompetisie, en hy het al 'n rits ATKV-Woordveertjies ingepalm.

View full details