Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780799397468 | Published: October 3, 2019 | Paperback

Perfekte pasmaat

Perfekte pasmaat

Regular price R 100
Regular price R 0 Sale price R 100
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

Die regte liefde vir haar! Madelie kry, na ʼn lang gesukkel en bo verwagting, die pos by ʼn prokureursfirma, wat haar soos ʼn handskoen pas. Haar nuwe baas, Marius du Plooy, roep haar dadelik in om hom te kom bystaan, al is die aanstelling nog nie eens finaal deur nie. Sy pas maklik aan, al laat die aantreklike man haar hart dadelik vinnig klop en nie te lank nie, of hulle is op voornaam-terme en sy word sy regterhand. Marius het ʼn siek pa in Mbombela en hulle vriendskap groei tot só ʼn mate dat sy een naweek saam met hom soontoe ry. Die ou oom moet oorgehaal word om na ʼn versorgingsoord te gaan en sy het hom dadelik in die palm van haar hand. Hy noem haar die ‘bondeltjie sonskyn’ wat sy seun vir hom gebring het. Daarna besef sy dat sy die seun en sy pa in haar hart toegelaat het, en teen alle voornemens trek sy Mbombela – na Marius en sy vriend se nuwe prokureurspraktyk – toe. Of is dit dalk vir iets anders dat sy daarheen trek? Perfekte pasmaat is deel van LAPA Uitgewers se liefdesverhaalreeks. Romanza kan vergelyk word met Mills & Boon en Harlequin.

View full details