ISBN: 9780799397666 | Published: August 21, 2019 | Paperback
Keegan & Samier 1 : Die Sleutel Speurders
Keegan & Samier 1 : Die Sleutel Speurders
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
Ontmoet vir Keegan en Samier. Hulle is beste vriende en Samier se tweelingsussie, Samia, kuier ook gewoonlik saam. Dan is daar ook Jenni-Lee, Keegan se klein sussie, en Keegan se slim en streng ouma. Saam het hierdie vriende hope heerlike avonture! Ongelukkig is Brent Petersen, die klasboelie, altyd daar om dinge bietjie te versuur …
Hierdie splinternuwe reeks, geskryf en geïllustreer deur André Trantraal, is perfek vir beginnerlesers. Die stories is eenvoudig, identifiseerbaar en geskryf met 'n lekker pas wat lesers se aandag sal hou.
#1: Die sleutel speurders
Vrydagmiddag ná skool kuier Samier en Samia by Keegan totdat hulle pa klaar gebid het by die moskee. Op pad huis toe tel Jenni-Lee 'n bossie sleutels op. Ouma besluit om hulle te wys hoe vingerafdrukke werk en saam doen hulle 'n bietjie speurwerk … Sal hulle kan uitvind aan wie die sleutels behoort?
Author André Trantraal
Illustrator André Trantraal
Share
