Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780799397840 | Published: May 7, 2020 | Paperback

Sanri Steyn 9: Die geraamte se geheim

Sanri Steyn 9: Die geraamte se geheim

Illustrator:Johann Strauss
Regular price R 180
Regular price R 0 Sale price R 180
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

Superjoernalis Sanri Steyn skrik nie vir 'n geraamte nie …
Sanri droom daarvan om eendag 'n joernalis te word. En nie sommer enige joernalis nie. Haar naam sal op almal se lippe wees … Superjoernalis Sanri Steyn.
Daar is 'n nuwe seun in Sanri en Markus se klas, en hy het 'n buikspraakpop wat soos 'n geraamte lyk. Maar is Bennie Bene regtig net 'n pop, en is Jamahl werklik só 'n goeie buikspreker?
Sanri is nie so seker daarvan nie.
Toe Bennie Bene een aand verdwyn, help Sanri en Markus vir Jamahl om na hom te soek. Wat ondek hulle op Raaiselfontein se ou treinstasie en sal hulle dit kan regkry om vir Bennie te vind?

Hierdie is 'n gewilde reeks vir seuns en meisies in die intermediêre fase. Elke boek in die reeks kan ook as alleenstaande titel gelees word. Die kombinasie van humor en grillerige temas is in die kol vir lesers in hierdie ouderdomsgroep. Hierdie is die negende (en laaste) boek in die reeks.

Author Theresa van Baalen

Illustrator Johann Strauss

View full details