Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780799398144 | Published: October 13, 2019 | Paperback

My groot lofkleuterbybel

My groot lofkleuterbybel

Author:Jan de Wet
Regular price R 340
Regular price R 0 Sale price R 340
Out of print
VAT included.

Dispatch within 1–3 working days

Bekende Bybelverhale opnuut uitgegee!
Lees, luister en geniet die Bybelverhale, -liedjies en illustrasies saam met jou kleuter. Die Bybelverhale is geskryf om saam met die skrywer se voorlees- en liedjieopnames gebruik te word. 'n QR kode word in die boek ingesluit wat lesers gratis toegang bied tot die skrywer se voorlees- en liedjieopnames. Kleuters kan na die voorgeleesde voorlees- en liedjieopnames luister terwyl hulle na die illustrasies kyk. Jy kan óf die kleuter aan die Bybelverhale bekend stel deur dit voor te lees terwyl hy of sy na die illustrasie kyk, óf deur saam na die storie op die opname te luister.
Terwyl elke Bybelverhaal met groot sorg getrou aan die Skrif oorvertel word, is die taalvlak en -vermoë en die ontwikkeling van 'n gesonde Godbegrip by die kleuter in ag geneem by die skep van hierdie publikasie. Deurgaans word Bybelse waardes deur die teks en illustrasies beklemtoon. Gebruik die illustrasies om gesprekke met jou kleuter te stimuleer.
Na die Bybelverhaal is daar 'n gebed wat jy saam met jou kleuter kan bid. Kyk ook uit vir die dierevriende wat die Bybelverhaal-reis saam met die kleuter af lê. Die diere help die kleuter om te onthou wat die hoofboodskap of -waarde van die verhaal is.

Author Jan de Wet

View full details