Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780799398335 | Published: November 7, 2019 | Paperback

`n Jakkals wat roep

`n Jakkals wat roep

Regular price R 100
Regular price R 0 Sale price R 100
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

Verbind vir die lewe
Dis Inalien se eerste dag terug op Loeriespan en sy loop haar vas in hóm, van alle mense, en hy het blykbaar nie die vaagste idee wie sy is nie. Die windgat tweegesig!
Thysjan Kennedy kom uit die besproeiingsafdeling gestap; sy voete in die swaar werkstewels gaan vanself staan toe hy die meisie by die groentesaadrakkie sien. Vergete is die koperpyp in sy hand en die haas terug plaas toe.
Tussen Inalien en Thysjan is daar 'n geskiedenis: Thysjan is onbewus daarvan; Inalien is oorbewus daarvan. Gaan sy die strydbyl begrawe, vergewe en vergeet? Dalk - as sy net eers die waarheid kan ontdek.

In hierdie boek word die konsepte van verlore liefdes en tweede kanse ondersoek, asook die bemagtiging van vroue deur te kyk na die lewe van vroue wat hul eie plase bestuur.

Romanza is LAPA Uitgewers se romansereeks, wat vergelyk kan word met Mills & Boon en Harlequin-romanses. ʼn Jakkals wat roep is Nellie Alberts se jongste romanse. Die meisie langsaan (Oktober 2018) was haar eerste romanse in die Romanza-reeks.

View full details