ISBN: 9780799398496 | Published: January 14, 2020 | Paperback
Wilde jasmyn vir Steyn
Wilde jasmyn vir Steyn
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
Vergeet die verlede … Wilde jasmyn vir Steyn is die vervolg op Rose vir Roselle en Lelies vir Louisa. Dit vertel die verhaal van Louisa se ma, Steyn Coetzee. Sy het geglo Louisa is dood kort ná haar geboorte, maar moes met ’n skok besef Louisa leef nog toe sy een dag onverwags voor haar drumpel staan. Toe Steyn uitvind van Louisa se bestaan, verval sy in ’n diep depressie en sien verskeie sielkundiges sonder enige vordering. Totdat sy by Marco Dreyer uitkom en hy haar bietjie vir bietjie help om haar verlede in die oë te kyk en haar onverwagse rol as ma en ouma ten volle te aanvaar. Sy worstel ook met die vraag oor wie Louisa se pa is: Albert of Simon? Die twee broers van een van die gesogte wynplase in die Franschoek omgewing, La Montagne. Hierdie is ’n verhaal van vergifnis, versoening en keuses van die hart. Wilde jasmyn vir Steyn is deel van LAPA Uitgewers se SuperRomanza-reeks en die vervolg op Rose vir Roselle en Lelies vir Louisa. Hierdie is Rosita se derde Super Romanza.
Author Rosita Oberholster
Share
