ISBN: 9780799398526 | Published: February 5, 2020 | Paperback
Nooit weer winter
Nooit weer winter
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
Teenoorgesteldes trek mekaar aan: Hou net twee magnete naby mekaar om dit te bevestig
Lisa is 'n musiekonderwyseres op 'n dorp in die Karoo wat smag na wyer ervaring. Sy wil bitter graag reis, maar sy is bang om dit op haar eie te doen. Haar vriendin Jennie stem in om saam te gaan op 'n bustoer na Botswana, wat die Okavango-delta en die Victoria-waterval insluit. Jennie se pa word egter siek en Lisa sit sonder 'n metgesel. Michael is die stil een in hulle vriendekring, die ernstige sielkundige. Hy is Lisa se teenpool en sy reken hy is eintlik so effens dikdood. Toe hy onverwags aanbied om in Jennie se plek saam met haar te gaan, het sy nie veel van 'n keuse nie. Op die reis ontdek sy meer fasette van Michael se persoonlikheid en sy besef dat teenoorgesteldes mekaar wel kan aantrek en ook aanvul.
Romanza is LAPA Uitgewers se romansereeks, wat vergelyk kan word met Mills & Boon en Harlequin-romanses. Nooit weer winter is Marilé Cloete se jongste romanse. Haar vorige romanses in die Romanza-reeks sluit die volgende in:
-Reg vir my (September 2018),
-Perfek vir my (Januarie 2019),
-Genoeg vir my (Junie 2019), en
-Hoogsomerliefde (September 2019).
Author Marilé Cloete
Share
