ISBN: 9780799398588 | Published: February 5, 2020 | Paperback
Miljoene maanligsoene
Miljoene maanligsoene
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
Vind uit hoe die ander helfte verlief raak ...
Danika Human reis saam met 'n groep van haar kollegas na Italië vir die troue van die supermodel, Monica Wilson. Daar ontmoet sy die bruidegom se neef, Ricardo Burratti. Die aantreklike Italianer maak gevoelens in haar wakker wat sy nog nooit vantevore ervaar het nie. Sy stry teen die verwarrende emosies en besluit om hom op 'n afstand te hou, 'n besluit wat al hoe moeiliker word, veral wanneer hy haar soen. Dan is daar nog die beeldskone Lissandra Rinaldi, Ricardo se gewese vriendin, wat dit baie duidelik maak dat sy die een is wat met Ricardo gaan trou. Is Lissandra reg dat Danika bloot net vakansievermaak is vir Ricardo of staan sy 'n kans om sy hart te wen?
Romanza is LAPA Uitgewers se romansereeks, wat vergelyk kan word met Mills & Boon en Harlequin-romanses. Miljoene maanligsoene is Corné van Rooyen se jongste romanse. Haar vorige romanses in die Romanza-reeks sluit die volgende in:
-Haar sprokiesprins (April 2018),
-Kaalvoetnooi (Junie 2018),
-Die spel van liefde (Februarie 2019), en
-Lekkerder as sjokolade (April 2019).
Author Corné van Rooyen
Share
