ISBN: 9780799398762 | Published: September 29, 2020 | Paperback
Bastian Blom en die pratende portret
Bastian Blom en die pratende portret
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
Bastian is mal oor outydse goed. Dalk is dit omdat sy pa al jare lank ’n antiekwinkel het. Die winkel se naam is Optelgoed. Dit is op die onderste verdieping van ’n groot ou huis geleë. Bastian en sy pa bly op die boonste verdieping. Bastian versamel graag vreemde goed, soos valstande, ou brille, posseëls met vlermuise op, (Hy het nog net dertien – daar is nie baie seëls met vlermuise op nie.), skilderye van katte, (Hiervan hou Cheddar, sy troetelrot, glad nie.) , porselein-uile, en boeke met spookstories. Die vreemde en fantastiese goed in die antiekwinkel lei Bastian en sy vriendin Lindi keer op keer na allerlei ongelooflike avonture! Die reeks: BASTIAN BLOM (1) EN DIE GILLENDE GERAAMTE; (2) EN DIE PRATENDE PORTRET; (3) EN DIE WOEDENDE WEERWOLF; (4) EN DIE MAGTIGE MOERASMONSTER
Author Jaco Jacobs
Illustrator Linki Brand
Share
