Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780799399301 | Published: May 7, 2020 | Paperback

Vir altyd lente

Vir altyd lente

Regular price R 100
Regular price R 0 Sale price R 100
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

Sy is tuis tussen vriende en dis al wat nou saak maak, of ís dit? Jennie Mouton is ’n verstandige meisie wat ’n enkele dwase besluit in haar lewe geneem het. Sy het op haar eie in Europa gaan toer en halsoorkop by ’n vurige Pool ingetrek. Die verhouding word gou afbrekend en toksies van aard. Toe sy uitvind sy is swanger, besef sy sy moet wegbreek en terugkeer na haar ouers en haar vriendekring in die Klein-Karoo. By haar ouers aangekom is daar aanvanklik nie vir haar genade nie en dit is in haar vriendekring waar sy met liefde ontvang en aanvaar word. Herman Fick is die macho-haarkapper, die hartebreker, die grapmaker, maar ook die man wat sy dogter alleen grootgemaak het. Niemand op die dorp weet wat tussen hom en die ma van sy kind gebeur het en wat van haar geword het nie. Definitief sal niemand ooit vermoed dat hy die een kon wees wat in sy huwelik mishandel is nie. Herman en Jennie vind dat hulle nie die ou vriendskapsbande so gemaklik kan optel nie. Wanneer hy sy geheim met haar deel, vorm dit die grondslag vir ’n veel dieper verhouding. Romanza is LAPA Uitgewers se romansereeks, wat vergelyk kan word met Mills & Boon en Harlequin-romanses. Vir altyd lente is Marilé Cloete se jongste romanse. Haar vorige romanses in die Romanza-reeks sluit die volgende in: Reg vir my (September 2018), Perfek vir my (Januarie 2019), en Genoeg vir my (Junie 2019). Vir altyd Lente vorm deel van Marilé se Seisoene-reeks: Hoogsomerliefde (September 2019), en Nooit weer winter (Februarie 2020).

View full details