ISBN: 9780799399332 | Published: May 13, 2020 | Paperback
Ayla se sonde
Ayla se sonde
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
Soms lei ’n afdraaipad na die regte eindbestemming ... Ayla vind met ’n skok uit dat sy swanger is. Die simptome was daar, maar sy het bly hoop dat sy iets anders makeer. Sy is sedert haar skooljare verlief op Adam Durandt, die kroonprins van die Durandt-sakeryk. Maar sy en haar alkoholispa het aan die verkeerde en armste kant van die dorp, Bloekomlaan gebly. En in Randdahl bepaal ’n mens se agtergrond jou sosiale status. Daarom sal Ayla nooit goed genoeg wees vir die ryk Adam Durandt nie, al droom sy al jare lank oor hom. Haar pa is intussen oorlede, en sy sorg vir haarself en het baie drome vir haarself gehad – ook om uiteindelik Randdahl te verlaat. Haar swangerskap verpletter egter haar drome, ook nog meer toe Adam aanvanklik niks wil weet van die baba nie. Hulle het tydens ’n vriendin se verlowingspartytjie te ver gegaan, maar nou wil hy niks met die gevolge van daardie een aand te doen hê nie. Adam se skatryk familie verwag van hom om met die ewe ryk Patricia Bicknell te trou, maar dis glad nie wat hy wil hê nie. Aanvanklik lyk die nuus waarmee Ayla die mat onder sy voete uitruk na ’n ramp, maar hy besef gou dat dit eerder as ’n seën gesien moet word en hom die uitkoms bied waarna hy verlang. Romanza is LAPA Uitgewers se romansereeks, wat vergelyk kan word met Mills & Boon en Harlequin-romanses. Ayla se sonde is Alma Carstens se jongste romanse. Haar vorige romanses in die Romanza-reeks sluit die volgende in: Lenteliefde (Februarie 2018), Somersprokie (Julie 2018), Winterdroom (Oktober 2018), Liefde uit Italië (Junie 2019), en Die onwillige strooimeisie (Desember 2019)
Author Alma Carstens
Share
