Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780799399899 | Published: June 11, 2020 | Paperback

Die opstand van Poppie Nel

Die opstand van Poppie Nel

Regular price R 340
Regular price Sale price R 340
Out of print
VAT included.

Dispatch within 7–14 working days

Liefde is al wat vir die mens oor is...

Daar onder raas die see toe Poppie Nel dié dag voor dominee Lukas Lucas op sy stoep staan in haar kuise lang romp. Sy moet glo met iemand praat sodat sy kan opstaan. Poppie is uit die kerk, maar die kerk is nie uit haar nie.
Dit lyk egter nie asof sy wil nie - praat of opstaan nie. Lukas het ook nie regtig trek vir 'n pratery nie, sy eie pyn is nog vir hom te kosbaar. Maar hy het nou hierdie herderlike plig. Só ontvou Poppie se verhaal. Dit begin in haar ouerhuis en in 'n saaltjie op 'n plot waar 'n pastoor openbarings kry en waar die Nels slaafse navolgers van sy leringe is.
Dis net, die openbarings kom en gaan soos dit die pastoor ten beste kan dien. Langmourokke, manskoene, niks mooimaakgoed nie, studie is ook van die duiwel, uitgedink deur die bose wêreld daar buite. Die skade aan 'n meisiekind se siel ... Nou ja.
Uiteindelik berei Lukas 'n preek oor die liefde voor. Want dit is al wat daar vir die mens oor is.

Hierdie boek kan vergelyk word met Dis ek, Anna, alhoewel die tema van seksuele molestasie heeltemal anders benader word. Hans du Plessis se ander titels sluit in Drie vroue en ʼn meisie en Tussen die klippe.

View full details