Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780928316001 | Published: September 1, 2015 | Paperback

Geagte Jahwe

Geagte Jahwe

Regular price R 30
Regular price R 180 Sale price R 30
Sale Out of print
VAT included.

Dispatch within 1–3 working days

Willie Esterhuyse is 'n produk en kind van Suid-Afrika; wêreldbekend as denker, spreker en raadgewer vir staatsleiers. Sy passie vir reis bring hom uit by oerbeskawings waar hy godsdiens se geboorte sien. Tydens besoeke aan Malta raak hy vertroud met dié eilandjie se onstuimige voorgeskiedenis en erfenisterreine. Hy ontdek veral die arena vir die konflik tussen Christene en Moslems, 'n kwessie wat vandag die wêreld aan die praat en vrees het. In opvolg van, God en die gode van Egipte, en Die God van Genesis, sluit hy dié trilogie af met Geagte Jahwe. Meesterlik besluit hy om direk 11 briewe te rig aan God op sy Bybelse noemnaam, Jahwe. Hierin kan Willie vlymskerp die kernsake van ons tyd oopsny en basiese lewensvrae oopboor, soos die stryd tussen gelowe, ineenstorting van samelewings. Hy bied ook rigting vir soekende denkers oor 'n ander kyk op God vir ons tyd. Willie daag ons uit om verder te dink: met die 'gees van omgee' wat verby die stukkkend en seer kyk - na 'n wêreld wat menslik en leefbaar vir almal is.

View full details