Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780928316216 | Published: December 12, 2015 |

Stellenbosch Inkleur/Colouring

Stellenbosch Inkleur/Colouring

Regular price R 250
Regular price R 0 Sale price R 250
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

Foto's kan nie altyd 'n sielvashou moment weergee nie, maar 'n potlood kan dit beslis doen. Hierdie boek is geteken met die hoop om spesiale oomblikke met 'n pen vir inkleur te deel. Stellenbosch is 'n plek van kleure: liggroen eike in die lente, heldergroen rugbyvelde, donkergroen denne teen die berge, die berge self blougroen; wit mure langs die strate; bont studenterokkies in alle denkbare tinte; rooi herfswingerde en die universiteit se sentrale Rooiplein; pers jakarandabome en pienk Krismisrose met Kersfees; bruin omgeploegte wingerde en swart boomstamme in die winter; en bo alles die blou Kaapse hemel, afgewissel met skakerings van grys in die winter. Sy mense kom ook in vele skakerings: van lig - tot donkerbruin uit die eilande en vastelande van die Ooste; geelbruin uit die Kaapse voorouers van lank gelede; blond en bleek uit Noord-Europa; swartkoppe en ligte Hugenootvelle uit Franse afstamming; en donker van gelaat uit die Ooste en Noorde van ons land en vasteland. Ons dorp nooi mense uit om na verfkwaste en kryte te gryp, om kleur in dik of dun lae aan te smeer. Dit is presies wat Tanya O'Connor se inkleurboek ook doen.

View full details