Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780928316353 | Published: March 1, 2016 |

Daar is `n eiffeltoring in sy boedel

Daar is `n eiffeltoring in sy boedel

Regular price R 175
Regular price R 0 Sale price R 175
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

Jy's op 'n punt waar jy na antwoorde soek, en dis 'n onbekende plek, maar dis 'n goeie plek, my kind. Die beste plek om te wees is in die onbekende, want daar is enigiets moontlik. Jy maak jouself nou oop vir die wêreld, jy gaan sien hoe die wêreld homself nou vir jou oopmaak. Onthou jy wat Oupa gesê het: 'When the student is ready, the teacher appears'.

DAAR IS 'n EIFFELTORING IN SY BOEDEL is 'n roerende verhaal van 'n oupa wat in genadetyd op sy sterfbed lewe, en die kleinseun wat soveel moontlik van sy oupa se wysheid wil leer voor hy nie meer daar is nie. Sy oupa deel met hom sy avonture, stories, staaltjies en moderne gelykenisse wat die jongman se lewe onherroeplik verander. Hy stuur sy kleinseun ook op twee onvergeetlike vakansies waar hy blootgestel word aan plekke, kleurryke karakters en situasies wat hom meer oor homself en die lewe leer. Dis 'n hoogs vermaaklike ontdekkingstog na buite én binne. Sy oupa se stories inspireer hom om sy volle potensiaal te bereik, sy grootste drome te volg en wysheid te vind wat gewoonlik net met die grysheid kom. Sy oupa se dood het vir hom lewe gebring.

'n Jongman herontdek die dinge wat werklik saak maak in 'n boeiende storie wat jou laat skaterlag en soms ook 'n traan laat wegvee. Dis 'n hartsreis van Parys, Frankryk tot in die skone Karoo, 'n avontuur wat oorloop met wysheid, humor en wêreldkennis.

Hierdie storie gaan jou hele lewe verander. Ten goede.

TOBI JOOSTE (30) is bekend as minnesanger, TV-aanbieder, model, suksesvolle sakeman en skrywer. Hy het vyf musiekalbums en sy debuutboek, Inluister, waarvan die vyfde oplaag reeds gedruk is, op sy kerfstok. Hierdie prestasies is kenmerkend van sy dryfkrag en veelsydigheid. Deesdae tree hy gereeld op as motiveringspreker, en nou vir die eerste keer deel hy sy besielende boodskap met sy aanhangers in 'n heel nuwe formaat: 'n AfriÂ-kaanse reisverhaal wat inspirerende lewenswaarhede opdiep, die geneÂ-raÂ-siegaping oorbrug en beloof om lewens te verander.

Author Tobi Jooste

View full details