ISBN: 9780928316384 | Published: April 1, 2016 |
Spiritualiteit modewoord van ons tyd
Spiritualiteit modewoord van ons tyd
Dispatch within 7–14 working days
Couldn't load pickup availability
Al hoe meer mense is deesdae nie skaam om te sê dat hulle nie langer godsdienstig is nie, maar wel spiritueel.
Wat beteken dit? En wat maak spiritualiteit anders as om godsdienstig of religieus te wees? 'Spiritualiteit' is op die oomblik die gonswoord binne en buite die kerk. Dit het amper mode geword om by iets spiritueels betrokke te wees of om jouself te etiketteer as spiritueel. In hierdie boek ondersoek die skrywer die term spiritualiteit en probeer hy in toeganklike taal die debat inlei en stimuleer sodat die leser sy eie opinie kan vorm en uiteindelik 'n eie definisie vir spiritualiteit formuleer. Die boek bevat geen hoogdrawende teologie nie, maar bied stimulerende leesstof vir soekers, twyfelaars en mense wat wonder of hulle dalk besig is om die pad byster te raak omdat hulle verskil van die tradisionele en konvensionele manier van glo en godsdiensbeoefening.
Flip Schutte was vir 17 jaar voltyds predikant. Hy het doktorsgrade in Hebreeus, Praktiese Teologie en Nuwe Testament. Nadat hy die amp bedank het, was hy 'n stigterslid van Renaissance Spirituele Gemeenskap in Pretoria waar hy tans steeds 'n lewensafrigter en prediker is. Hy doseer voltyds 'Bemarking' aan 'n tersiêre instelling in Pretoria en tree gereeld as motiveringspreker op. Hy doen ook besigheidsafrigting en korporatiewe opleiding. Hy het pas 'n vierde doktorsgraad voltooi. Hierdie keer in Besigheidsleierskap. In sy privaatpraktyk doen hy dan ook besigheidsafrigting en help hy veral jong entrepreneurs om hulle voete te vind, asook bestuurders wat hulleself gereed wil kry vir bevorderingsposte.
Author Flip Schutte
Share
